PSiRA 2922182

PSiRA 2922182

Menu

A Father, Brother and Son's Life taken too soon.

Our Team are Working with the Family and SAPS

Leonard Brink het vermis geraak 26ste April 2021 en was gevind die 4de Mei 2021. Ons as Familie wil baie graag ISS-INVESTIGATIONS aanstel om die saak te ondersoek. En vir die familie daardie gemoedsrus gee wat met Leonard gebeur het. Volg gerus ons Facebook groep **Justice vir Leonard Brink* 

Ons as familie wil weet wat het met Leonard gebeur en hoekom. 
Die manier wat Leonard gevind was moes lyk na selfmoord,teveel leidrade gewees om te wys dit was vuil spel. Daar was n oog getuie dat my broer aangerand was die tyd dat hy vermis was.. Daar waar almal gesoek het elke dag na Leonard was hy gevind gehang in n boom. 
Ons kan nie dat die wie skuldig is weg kom daarmee nie, hulle moet boet vir dit wat hulle aan my broer gedoen het. 
Geregtigheid moet ons kry.. 

Help ons as familie om die waarheid te kry oor wat gebeur het.. 
Leonard was n pappa van 4 klein kindertjies, nou moet hulle sonder n pappa groot word, omdat die wie deel aan alles so besluit het, hom ontneem om hulle verder groot te maak, hy het gelewe vir sy kinders.... 
N ma moes haar jongste begrawe en elke dag wonder wat het met haar seun gebeur.. 

Enige hulp sal waardeer word, al is dit net gebed... 
Iemand daar buite weet!!  As jy dit lees asb kom na vore.
Leonard se stem is stil gemaak en nou sal ons sy stem wees.. 

Justice vir Leonard moet ons kry!! Alle fondse gaan direk na die ondersoek maatskappy *Imbewu Specialised Security (PTY) Ltd 2018/518798/07 wat ook deur PSiRA bekend staan as ISS-INVESTIGATIONS PSiRA nommer 2922182
ISS-INVESTIGATIONS* gaan help om inligting bymekaar te kry oor Leonard se verdwyning en om te bewys dat dit wel moord was en nie selfmoord was nie. 

Die *Privaat speuders* gaan nie die *polisie* se werk benadeel nie, daar gaan nie enige invloed op enige party gegee word nie. Die *privaat speuders* gaan help met die *INQUEST*... 
Baie dankie Janine Lourens (ek is sy suster)

Rodney van Rensburg